Van uitstel kom afstel, vind sakemense uit met boete-kwytskeldingsprogram
Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, het op 1 November verlede jaar sy jaarlikse boete-kwytskeldingsprogram aangekondig. Dit skeld sake-entiteite kwyt van boetes en bykomende fooie, wat opgeloop het weens nie-betaling van jaarlikse heffings tussen 2012 en 2022. Die sperdatum is vandag. Ten spyte van herhaalde versoeke was sakemense traag om te reageer. Volgens die nasionale uitsaaier is lang toue mense die naweek by Bipa-kantore in die Grove- en Maerua-winkelsentrums gesien, maar die diens was stadig. Besigheidseienaars vra nou dat die program verleng moet word. Bipa-amptenare sê egter Namibiërs is geneig om sake tot op die nippertjie uit te stel, en hulle verwag nie dat uitstel toegestaan sal word nie. Ockert Jansen, die woordvoerder van Bipa, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat besighede uiters stadig was om van die program gebruik te maak.
Leave a Reply