Neka soek skoor met Swapo

Home Uncategorized Neka soek skoor met Swapo
Neka soek skoor met Swapo


Neka soek skoor met Swapo

Daar is moeilikheid aan die broei tussen die Namibia Exile Kids Association, of Neka, en Swapo. Dit kom slegs dae nadat Neka se aansoek om ‘n geaffilieerde van die regerende party te word, deur Swapo se politburo aanvaar is. Neka het die naweek in Otjiwarongo byeengekom vir ‘n kongres om ‘n nuwe leierskap te verkies, maar is deur Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, aangeraai om die geleentheid af te stel weens voortdurende spanning in Neka se geledere. Volgens plaaslike berigte het die meerderheid afgevaardigdes die advies verwerp en die verkiesing het voortgegaan. Kadiva Hamutumwa is tot Neka-president verkies. Die nuwe vise-president is Sacky Nendongo, terwyl Elizabeth Shimwafeni tot sekretaris-generaal verkies is.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.