Kontrakteur sluit skool oor wanbetaling

Home Uncategorized Kontrakteur sluit skool oor wanbetaling
Kontrakteur sluit skool oor wanbetaling


Kontrakteur sluit skool oor wanbetaling

‘n Hoërskool in die Kavango Oos-streek is gesluit omdat die kontrakteur nie betaal is nie. Volgens wat berig word het Empire Sense Investment die rioolpomp by die Max Makushe Sekondêre Skool afgeskakel omdat hy meer as ‘n miljoen Namibiese dollar in retensiefooie eis sowel as meer as 630 000 dollar in rente eis. Die streeksonderwysdirekteur, Christine Shilima sê sy is bewus van die situasie en hoop dat ‘n plan teen môre gemaak kan word. Die skool se hoof, Godfried Mukata sê dat die riool, as gevolg van die ontkoppeling, tans direk in die Kavangorivier vloei, en sê dit is nie aanvaarbaar nie dus is die skool eerder gesluit.  



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.