NamPower tariefverhoging van amper 15%
NamPower het te kenne gegee dat hy die Elektrisiteitsbeheerraad genader het en vra ‘n verhoging van 14,59 persent in sy tariewe. Die maatskappy sê daar is verskeie redes daarvoor, onder andere, die kostes van die 60 persent van plaaslike verbruik, wat hy invoer. Eskom het amper 13 persent vanaf Nersa in die buurland ontvang en die kragpoel in die streek se kostes styg met 4,1 persent se inflasie. NamPower sê sy operasionele kostes is hoër as die huidige tarief wat hy ontvang.
Leave a Reply