A1 tussen Omakunde, Gross Barmen oopgestel
Namibiese motoriste kan nou die nuutgeboude dubbelbaan-roete tussen die Omakunde- en Gross Barmen-wisselaar op die Windhoek-Okahandja-pad gebruik. Die hoof van die Paaie-owerheid Conrad Lutombi, het die 21 kilometer-gedeelte oopgestel. Die roete is 87 persent voltooi maar ná die voltooiing van die 11 kilometer-gedeelte van Omakunde na Gross Barmen sê Lutombi dit is verstandig om die pad oop te stel. Die projek, wat in Maart volgende jaar voltooi sal wees, kos 997 miljoen Namibiese dollar en tot op hede is 741 miljoen dollar benut.
Leave a Reply