Aansienlike natuurlike gasreserwes in Mpumalanga ontdek
Die ontdekking van aansienlike natuurlike gasreserwes in Mpumalanga het die potensiaal om Suid-Afrika se ekonomie ‘n hupstoot te gee terwyl dit die verskuiwing na skoner energie-opwekking makliker sal maak. Die hoofbestuurder van Industrial Gas Users’ Association, Jaco Human, glo die strategies-geplaasde reserwes kan die land se pogings aanhelp om afhanklikheid van steenkool te verminder en koolstof-uitlatings te beperk. Hy beklemtoon die belangrikheid van die uitskakeling van koolstof-uitlatings vir die land se energietoekoms. Die departement van minerale bronne en energie sê intussen ‘n wêreldwye oorgangs-brandstoftendens stem ooreen met die land se geïntegreerde hulpbronplan.
Leave a Reply