Aansoek om vrylating in kripto-bedrogspul uitgegooi
Die dringende aansoek deur 13 beskuldigdes in die sogenaamde kripto-bedrogspul om vrygelaat te word is vanoggend deur regter George Coleman van die hand gewys. Die eerste uit 13 aansoekers, Toivo Herman, het in sy stukke beweer dat hy die nag van 3 Oktober net na tien-uur gearresteer is en het eers op 6 Oktober in die hof verskyn dus was die maksimum aanhouding van 48-uur tussen arrestasie en verskyning oorskry. Die totale beskuldigdes in die kripto-bedrogspul bestaan uit tien Chinese burgers, een Ugandees, ‘n Kubaan, ‘n Angolese burger en ‘n Namibiër. Hulle staar 98 klagtes in die gesig wat mensehandel, bedrog, geldwassery, rampokkery, belastingontduiking en oortreding van immigrasie-wette insluit. Die bedrog beloop blykbaar 8,8 miljoen Namibiese dollar.
Leave a Reply