Aansoeke vir sensusposte weer uitgestel, tot 5 Julie
Die sperdatum vir aansoeke vir vakante poste tydens die opkomende sensus, is weer uitgestel, die keer tot 5 Julie. Die aanvanklike datum was 30 Junie en dit is tot 3 Julie uitgestel maar nou het die Namibiese Statistieke-agentskap dit tot volgende week Woensdag, om middernag, uitgestel. Die statistikus-generaal Alex Shimuafeni het ook aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die bepalings vir die meer as 2 800 voertuie wat die agentskap nodig het, ook aangepas is tot 2×4 voertuie wat voorheen nie ingesluit was nie, en dat voertuie nou 15 jaar oud kan wees, nie tien, soos voorheen bepaal nie. Intussen berig die plaaslike uitsaaier dat die Khomanin-plaslike owerheid gekla dat sy benadeelde lede, wat nie toegang tot die internet het nie, traag bygestaan is deur die agentskap. Die agentskap het hulp aangebied vir die aansoekers en blykbaar is 30 uit die 40 bygestaan om aanlyn vir die poste aansoek te doen. Die agentskap stel net werkloses aan vir die sensus wat vanaf 18 September tot 3 November vanjaar plaasvind.
Leave a Reply