Abbott skop vas teen Biden
Greg Abbott, goewerneur van Texas, sê hy brei sy troepe se beheer oor die suidelike Amerikaanse grens uit om dit teen ‘n inval van migrante te beskerm, terwyl president Joe Biden se administrasie hom daarvan beskuldig dat hy sy gesag oorskry. Abbott het geen gehoor aan die federale regering gegee nie en sê dit is kritiek om ’n harde en duidelike boodskap te stuur – dat state teen enige tipe dreigende gevaar of inval hulself sal kan verdedig.
Leave a Reply