Aboriginee-senator wat koning uitjou is in die sop
Australiese wetgewers het ‘n Aboriginee-senator, Lidia Thorpe, oor die kole gehaal nadat sy koning Charles verlede maand uitgejou het tydens sy besoek aan Canberra. Sy het die verwelkoming onderbreek deur uit te roep: “Jy’t volksmoord teen ons mense gepleeg” en “Jy’s nie ons koning nie”. ʼn Mosie van sensuur dra geen grondwetlike of wetlike gesag nie. Die senaat het die mosie met 46 teen 12 stemme aanvaar en haar gedrag as ontwrigtend beskryf. Thorpe sê sy is nie spyt nie: