ACC het nog steeds geen dossier teen dr. Itah geopen
Die Teenkorrupsie-kommissie het bevestig daar is nog steeds geen dossier teen die minister van hoër onderwys, dr. Itah Kandjii-Murangi nie. Die kommissie sê volgens berigte hy is tot dusver tevrede met dokumente wat van die ministerie ontvang is en het dit aanvaarbaar gevind dat die minister lyn-instansies versoek het om haar reisrekeninge na New York te betaal. Paulus Noa, direkteur-generaal van die kommissie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en bevestig dat ‘n saak nie teen die minister geopen is nie, omdat daar tot dusver geen voldoende bewyse is nie.
Leave a Reply