ActionSA gee reaksie op belastingboikot
ActionSA in KwaZulu-Natal doen ‘n beroep op die burgemeester van eThekwini, Mxolisi Kaunda, en diegene in leierskap om dringend te vergader met die verskillende belastingbetalers-verenigings wat ‘n belastingboikot aanvra. Alan Beesley van ActionSA sê daar bestaan geen twyfel daar is ernstige bekommernisse oor hoe die begroting opgestel is nie, aangesien dele daarvan nie sin maak nie. Beesley sê ANC-, NFP- en EFF-raadslede het die begroting volgens partylyne goedgekeur, maar nie die kiesers in ag geneem nie.
Leave a Reply