Afcon: Senegal gaan huis toe
Die gasheer van die Afrikabekertoernooi, die Ivoorkus, het die verdedigende kampioen, Senegal, in ‘n strafdoelstryd uitgeskakel om hul plek in die kwarteindronde te bespreek. Franck Kessie het in die 86ste minuut ‘n doel vir die Ivoorkus aangeteken om die telling net voor ekstra-tyd, gelykop te maak. Die 27-jarige was wéér in die kol met ‘n deurslaggewende skop om die gashere in die strafdoelstryd 5-4 te klop. Ryan Mendes het op sy beurt met ‘n laat strafdoel ‘n oorwinning van een-nul aan die Kaap-Verdiese Eilande oor Mauritanië besorg vir hulle plek in die kwarteindronde.
Leave a Reply