AfDB glo vasteland kan voesdelsekerheid in 5 jaar bewerkstellig
Die president van die Afrika-ontwikkelingsbank, Akinwumi Adesina, is optimisties dat Afrika in ‘n goeie posisie is om binne die volgende vyf jaar voedselonsekerheid te oorkom. Adesina sê die vasteland het die nodige tegnologie en finansiering om voedselonsekerheid om te keer. Hy beklemtoon die bank steun programme wat daarop gemik is om voedselsekuriteit in 30 Afrikalande te bereik, en dra by tot voedselproduksie ter waarde van 225 miljard Namibiese dollar. Daarby verwag Adesina die Internasionale Monetêre Fonds sal planne bevorder vir die verskaffing van lenings van 1,8 triljoen Namibiese dollar aan kwesbare lande.
Leave a Reply