Afgetrede Zim-regter ingesweer, sal Fishrot-verhoor hanteer
Plaaslike berigte lui dat die afgetrede regter Moses Chinhengo van Zimbabwe is vandag ingesweer as ‘n waarnemende regter in die Namibiese hoërhof. Volgens wat berig word het die regterpresident Petrus Damaseb na sy inswering aangekondig dat Chinhengo die Fishrot-verhoor sal aanhoor. Die saak in neergelê vir 2 Oktober. Terwyl die rede vir Chinhengo se aanstelling as Fishrot-regter nie bekend gemaak is nie, kan dit wees om enige aantygings van bevooroordeling aan te spreek omdat alle plaaslike regters deur President Hage Geingob aangestel word.
Leave a Reply