AfricaSan7 fokus op Afrika-sanitasie
Die Afrika-ministers Waterraad, saam met die Afrika-unie-kommissie, bied van vandag tot Saterdag die Sewende Afrika-sanitasie- en higiëne-konferensie, ook die AfricaSan7-konferensie genoem, in Swakopmund aan. Die konferensie vind elke twee jaar plaas, met die doel om die strewe na die teikens van die 2008 Ngor-verklaring van Afrika-ministers verantwoordelik vir sanitasie en higiëne, te laat herleef. Water-minister Calle Schlettwein het in die openingstoespraak die belangrikheid van veilig-bestuurde sanitasie en higiëne beklemtoon deur ‘n voorbeeld te deel.
Schlettwein sê om klimaatsverandering op te los, moet ons eers die impak daarvan oplos.
Leave a Reply