Afriforum betrek by Klerksdorp moordsaak
AfriForum se privaat vervolgingseenheid is ingespan om ‘n deeglike ondersoek te verseker na die moord op Hilton Pretorius in Klerksdorp, Noordwes. Die eenheid streef na geregtigheid in hierdie saak, nadat Pretorius verlede maand gesterf het ná ‘n onderonsie voor ‘n kroeg. Die beskuldigde, Wernich Botha, staan tereg op aanklagte van moord en poging tot moord. Die saak is tot 15 Januarie uitgestel. Gerrie Nel van AfriForum sê die slagoffer se ma, Linda Mey, het kommer uitgespreek oor die beskuldigde se plaaslike verbintenisse.
Leave a Reply