AfriForum ingenome matriekuitslae word gepubliseer
AfriForum is baie ingenome dat die 2024-matriekuitslae in die media gepubliseer sal word, na ‘n hofuitspraak wat verseker dat hierdie gebruik voortgaan. AfriForum-woordvoerder, Alana Bailey, beklemtoon die waarde van deursigtigheid in openbare belang en wys op vorige regsoorwinnings vir die behoud van die tradisie, tot voordeel van matrikulante landwyd.