AfriForum sê steenkoolmyn se impakstudie is onvolledig
AfriForum het sy kommer uitgespreek oor ‘n onvoldoende omgewings-invloedstudie wat ‘n aansoek steun vir ‘n steenkoolmyn naby die Rietvlei-natuurreservaat in Pretoria. Die studie, wat ingedien is as deel van ‘n bod om steenkoolmyn-bedrywighede by ‘n bestaande kleimyn terugwerkend te magtig, het kritiek ontlok weens teenstrydighede en moontlike plagiaat. Marais de Vaal van Afriforum sê die verslag bevat teenstrydighede, insluitend botsende besonderhede oor lisensies, mynleeftyd en die uitwerking op die omgewing. De Vaal dring aan op openbare deelname voor die sperdatum van 26 September:
Leave a Reply