Afrika-lande wens Putin geluk met oorwinning
Westerse lande glo dalk nie die Russiese president Vladimir Putin het 87,8 persent van die stemme op hom verenig nie, maar dit is nie vreemde getalle vir Afrikalande nie. Dié lande het die 71-jarige Putin vandeesweek gelukgewens met sy prestasie en hul voortgesette vriendskap met Rusland beloof. Die uitslag is nie verbasend in Afrika nie, waar Rwandese president Paul Kagame 99 persent van die stemme in 2017 gekry terwyl Ekwatoriaal-Guinee se Teodoro Obiang ook ‘n 99 persent oorwinning in 2022 behaal het. Verlede jaar in Egipte het Abdel Fattah el-Sisi met 89,6 persent van die stemme gewen. In Tanzanië in 2020 het wyle John Magufuli met 84 persent gewen.
Leave a Reply