Afrika moet saamstaan oor Agoa
Die handelsminister van Zambië, Chipoka Mulenga, moedig Afrika aan om saam te staan ter ondersteuning van die verlenging van die Agoa-ooreenkoms vir nog ‘n dekade. Mulenga het gepraat na die afhandeling van die Agoa-spitsberaad in Johannesburg, en die belangrikheid beklemtoon van ‘n doeltreffende Agoa-strategie. Hy sê dit sal Zambië en ander Afrikalande in staat stel om meganismes te ontwikkel vir meer handel met Amerika. Die minister voeg by Amerika behoort dit ook te oorweeg om sy beleggings in Afrika te verhoog.
Leave a Reply