Afrika trek geen voordeel uit handelsreëls nie
Die Namibiese adjunk-eerste minister Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Afrika se hulpbronne dra geweldig by tot globale ontwikkeling, maar Afrika word negatief beskou as ‘n blote verskaffer van grondstowwe en is nie in staat om waarde toe te voeg daarby nie, of dit te ontwikkel nie. Sy sê dat terwyl Afrika ‘n oorvloed hulpbronne het, het dit min tot geen beheer oor die globale finansiële stelsels en internasionale handelsreëls nie. ’n Regverdiger en meer veerkragtige multilaterale handelstelsel wat oop, deursigtig en nie-diskriminerend is, moet op die been gebring word. Sy beklemtoon dat die hervorming van die multilaterale stelsel ‘n deurslaggewende kwessie vir Namibië en Afrika is.
Leave a Reply