Afrikaners vier Geloftedag wêreldwyd
Suid-Afrika het op 16 Desember Versoeningsdag herdenk, en rekord-getalle Afrikaners het ook opgeruk na Geloftedag-byeenkomste regoor die land. Dirk Hermann, die hoof uitvoerende beampte van Solidariteit, sê daar was 32 000 mense by die Voortrekkermonument in Pretoria, en dit was net een van meer as 300 feeste wat gehou is. Dr Danie Langner, uitvoerende hoof van die FAK, sê daar is ook op ses kontinente feesgevier. Van die lande waar Geloftedag-feeste gehou is, is onder meer China, Rusland, Nigerië, Australië en Kanada.
Leave a Reply