Agoa ‘goed vir werkskepping’
Cosatu glo die aanbieding van die 20ste Agoa-forum sal ‘n positiewe uitwerking op werkskepping in Suid-Afrika hê. Die forum vind van 2 tot 4 November in die Johannesburgse uitstalsentrum in Nasrec plaas. Cosatu se president, Zingiswa Losi, het die belangrikheid van die geleentheid beklemtoon en sê die forum is daarop gemik om Afrika as ‘n handelsentrum te posisioneer en die vasteland se ekonomie te versterk. Sy het ook beklemtoon Agoa is ‘n belangrike instrument vir werkskepping en behoud in Afrika.
Leave a Reply