Agribank bring mobiele takke na afgeleë gebiede
Die Landboubank van Namibië, of Agribank, het ‘n innoverende mobiele tak-inisiatief, Branch-On-Wheels, van stapel gestuur. Dit bring noodsaaklike finansiële dienste direk aan kliënte in gebiede sonder fisiese banktakke. Die Bank se uitvoerende hoof vir verkope, Hildegardt Martin, sê die bank sal ‘n Branch-on-Wheels-span aan elk van sy agt takke toewys. Die dienste wat gelewer word, sluit in die aanvaarding van leningsaansoeke, die hantering van algemene navrae, die verskaffing van opdaterings oor leningaansoekstatusse, en selfs die aanbied van leningsgoedkeurings waar moontlik.
Leave a Reply