Airlink skort ook vragbedrywighede by HKIA op – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Airlink skort ook vragbedrywighede by HKIA op – Kosmos 94.1
Airlink skort ook vragbedrywighede by HKIA op – Kosmos 94.1



Airlink skort ook vragbedrywighede by HKIA op

Airlink is die jongste lugredery wat verplig is om sy vragbedrywighede by Windhoek se Hosea Kutako Internasionale Lughawe op te skort ná die verandering in die lughawe se grondhantering- en vragdiensverskaffer. Terwyl Airlink gereed is om met die nuwe diensverskaffer, Paragon Aviation saam te werk, is die veiligheid en sekuriteit van sy passasiers, personeel en vliegtuie uiters belangrik. Vragbedrywighede kan slegs voortgaan wanneer Paragon se lugvaartsekuriteit, insluitend die hantering van gevaarlike goedere, en ander vraghantering-sertifisering, -goedkeurings en -protokolle in plek is. Daarsonder sal die integriteit van Airlink se bedrywighede en internasionale lugvaartveiligheid en sekuriteit in die gedrang kom. Intussen gaan Airlink-passasiersdienste na Windhoek voort. Kosmos 94.1 Nuus het met die lugvaartkenner van Airlink, Linden Birns gepraat…



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.