Akkerbouraad se grenssluitings ‘goeie nuus vir boere’

Home Uncategorized Akkerbouraad se grenssluitings ‘goeie nuus vir boere’
Akkerbouraad se grenssluitings ‘goeie nuus vir boere’



Akkerbouraad se grenssluitings ‘goeie nuus vir boere’

Die Namibiese Akkerbouraad het die nuwe grenssluitings vir Oktober aangekondig. Namibië produseer genoeg beet, kool, Engelse komkommer, uie, kersie-tamaties, sowel as ronde tamaties en dus is die grens gesluit vir daardie invoere. Kosmos 94.1 Nuus het met James Uerikua, die goewerneur van die Otjozondjupa-streek, gesels wat sê dit is ‘n goeie stap omdat boere vroeër baie gely het weens hul produkte wat vrot geword het omdat dit nie verkoop is nie. Dit beteken Namibiese boere produseer genoeg om in die plaaslike vraag te voorsien, wat uitstekende nuus is vir die land se akkerboubedryf.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.