Aktivis sê Amupanda se ondersoek kom lankal
‘n Aktivis het sy reaksie gegee op plaaslike berigte dat Unam ondersoek instel na moontlike misdrywe wat deur AR-leier Job Amupanda gepleeg is. Hy is as politieke wetenskap-dosent werksaam daar. Daar word beweer dat sy moontlike presidensiële kandidaatskap ‘n kwessie kan wees ingevolge sy werkskontrak. Daar word ook berig dat hy nie verklaar het dat hy ‘n salaris by die hoofstad se munisipaliteit verdien nie en het blykbaar die werk as gemeenskapsdiens verklaar, op ‘n pro bono-basis. Die universiteit ondersoek ook sy klasbywoning as dosent. Daar word beweer hy het talle klasse misgeloop. Die ondersoek kom na sy openbare rusie met die minister van hoër onderwys, dr. Itah Kandjii-Murangi. Aktivis Simon Amunime het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…
Leave a Reply