Aktiviste ruk môre in hoofstad op, eis dienslewering
Die stryd om dienslewering duur voort. Inwoners van Okahandja en Windhoek sal môre na Stad Windhoek sowel as die ministerie van stedelike ontwikkeling opruk om nie net dienste en erwe te eis nie, maar ook dat RedForce se dienste vir uitstaande munisipale rekenings laat vaar word. Aktivis Sydney Gariseb sê hulle kom by die Zoopark bymekaar en almal, van regoor die land is welkom.
Leave a Reply