Al-Sisi sê alles word in stryd gewerp om vrede in Gaza daar te stel
Egipte poog om ‘n ooreenkoms vir ‘n wapenstilstand in Gasa te bereik, die toegang van hulp te verhoog en om ontheemdes in die suide van die enklawe toe te laat om na die noorde te trek. Dit is volgens Egiptiese president Abdel Fattah al-Sisi wat vanoggend die media toegespreek het. Hy het ook gewaarsku teen die gevaar van ‘n Israeliese inval in die stad Rafah, waar ‘n geskatte 1,5 miljoen mense langs Gaza se grens met Egipte skuiling gesoek het. Toestande vererger met kommer oor die dreigende hongersnood.
Leave a Reply