Algerynse kuswag skiet twee toeriste dood
Algerië se Kuswag het twee toeriste van Marokko doodgeskiet wat op hul waterponies in die land se gebiedswater beland het. Dit is volgens berigte die jongste voorval in ‘n lang geskiedenis van spanning tussen die twee lande. Daar word berig vier Frans-Marokkaanse burgers het vanaf die oord Saidia vertrek. Behalwe die twee wat geskiet is, is ‘n derde persoon in hegtenis geneem. Die vierde, Mohamed Kissi, het aan Marokkaanse owerhede gesê hulle het verdwaal en hulle brandstof het opgeraak. Sy broer, Bilal, is een van die twee wat doodgeskiet is.
Leave a Reply