Alle oë op olieprys
Oliepryse het met 2 persent gestyg in afwagting vir die Opul-plus vergadering wat volgende week plaasvind. Daar word ook gewag vir ekonomiese data uit die Europese, Amerikaanse en Chinese markte. Brent het die week afgesluit op net bo 83 Amerikaanse dollar ‘n vat. Vir die week het Brent met sowat 2,4 persent gestyg. Daar word verwag dat Opul en sy vennote voort sal gaan met vrywillige besnoeiings van ongeveer 6 miljoen vate daagliks. Die Namibiese brandstofprys sal na verwagting binnekort aangekondig word.
Leave a Reply