Alleman, Becking wen Cape Epic se eerste skof
Fietsry: Die Cape Epic het homself gevestig as een van die mees uitmergelende bergfietswedrenne ter wêreld. Sondag was die proloog, met die eerste van sewe skofte gister in Tulbagh. Bergfietsryers van regoor die wêreld ding mee in spanne van twee, en dit was Wout Alleman van België en Hans Becking van Nederland wat gister se skof van 88-kilometer gewen het. Alleman was baie bly oor die oorwinning.
Leave a Reply