Alles nie verlore vir Welwitchias, sê Hakkies
Rugby: Die nasionale rugbyspan se vertoning in Frankryk lok gemengde reaksie uit. Die span vertoon nie goed nie en sommige menings is dat dit ‘n mors van geld is en dat die span ‘n verleentheid is vir die land. Ander menings sê weer dis ‘n eer om vir die sewende keer te kwalifiseer en dat die span nie professioneel is nie, dus moet ons trots wees. Hakkies Husselman, wat ook vir Namibië uitgedraf het, het sy mening so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.
Die span het 52-8 teen Italië verloor, 71-3 teen die All Blacks verloor en 96-0 teen Frankryk. Maar, alles is nie verlore nie.
Leave a Reply