Rugby: Allister loof mooi AB-gebaar aan beseerde Le Roux
Die Welwitschias se hoofafrigter, Allister Coetzee, het die All Blacks geloof vir hulle gebaar aan die senter Le Roux Malan, wat ‘n ernstige besering in die span nederlaag van 71-3 Vrydag by die Wêreldbeker opgedoen het. Malan het sy enkel gebreek toe hy ‘n duikslag wou uitvoer en hy moes suurstof ontvang voor hy op ‘n draagbaar van die veld geneem is. Die Nieu-Seelanders het na die tyd ‘n getekende nommer-12-hemp aan Malan oorhandig as ‘n gebaar van respek. Coetzee sê Malan het ‘n suksesvolle operasie ondergaan en gaan binnekort terug huistoe.
Leave a Reply