Amasone is belangrik, maar daar’s ander bronne ook – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Amasone is belangrik, maar daar’s ander bronne ook – Kosmos 94.1
Amasone is belangrik, maar daar’s ander bronne ook – Kosmos 94.1



Amasone is belangrik, maar daar’s ander bronne ook

Die leiers van agt lande wat die Amasone-reënwoud deel het in Belem in Brasilië vergader om dringende uitdagings aan te pak wat die kritieke eko-stelsel in die gesig staar. Die Brasiliaanse President Luiz Lula da Silva noem dit ‘n mylpaal-byeenkoms met verteenwoordigers van Bolivia, Brasilië, Colombia, Ecuador, Guyana, Peru, Suriname en Venezuela wat die beraad bygewoon het. Die beraad volg net maande nadat Da Silva aan bewind gekom het, en belowe om ontwouding in die Amasone teen 2030 tot nul te kry ná jare van vernietiging onder sy voorganger Jair Bolsonaro. Dit het tot dusver met 66 persent afgeneem vanjaar. Professor Morgan Hauptfleisch, hoof Biodiversiteitsnavorsing-sentrum by Nust, sê terwyl die Amasone belangrik is, is dit nie die enigste kritieke bron nie.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.