Amavila veg goed, maar word geklop
Paulus Amavila se onoorwonne rekord as beroepsbokser is Donderdagaand bederf toe hy in ‘n meerderheidsbesluit deur Bryan Fanga van Kameroen geklop is. Die vakante IBF Africa superliggewiggordel was op die spel toe die Namibiër die Switserse Kameroener in sy eie agterplaas in Genève die stryd aangesê het. Beoordelaar Jerome Lades het ná tien rondes die stryd gelykop met 95-95 bepaal. Vincent Dupas en Bayasgalan Sandag het Fanga egter met onderskeidelik 96-94 en 97-93 netjies voor gehad. Amavila se professionele rekord staan nou op 9 oorwinnings, 1 verloor en 1 gelykop.
Leave a Reply