Ambisieuse TransNamib-projek van stapel gestuur
TransNamib is in die verslag aan die VN se Menseregtekomitee deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gelys as ‘n entiteit wat deur korrupsie en swak bestuur geteister word. En terwyl die maatskappy sukkel om sy spoor infrastruktuur en lokomotiewe te onderhou en diens te lewer, is daar ‘n ambisieuse ooreenkoms met Unam gefinaliseer om die dubbelnetwerk-spoorwegstelsel wat deur groen waterstof aangedryf sal word, genaamd HyRail, te vestig. Die lokomotief-omskakeling sal na verwagting in die laaste deel van die jaar begin, en aanvanklike tydlyne dui daarop dat dit voor die einde van 2025 in gebruik geneem sal word. Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, Obeth Kandjoze, het oor die projek gepraat.
Leave a Reply