Amerikaanse federale hof kla Tottenham-baas aan
Die Britse miljardêr en eienaar van Tottenham Hotspur, Joe Lewis, word in Amerika van binnehandel aangekla. Federale aanklaers beweer in ‘n aanklag in New York die 86-jarige Lewis het aan vriende, insluitend sy persoonlike vlieëniers, assistente en romantiese maats, binne-inligting gegee oor maatskappye waarin hy belê het. Die Amerikaanse hoof- federale aanklaer vir die suidelike distrik van New York, Damian Williams, sê Lewis staar 19 aanklagte in die gesig waarvan 16 vir sekuriteitsbedrog en drie vir sameswering is:
Leave a Reply