Amper 2 500 vissermanne aangestel – Klazen
Die ministerie van visserye, tesame met die ministerie van arbeid, het die hernuwing van kontrakte vir heraangestelde vissers onder die regering se indiensnemingsregstellingsprogram in Windhoek onderteken. In 2020 het die twee ministeries die program bekendgestel om werkloosheid onder vissermanne aan te spreek. Kommer het egter ontstaan oor die program se doeltreffendheid en regverdigheid. Volgensvisserye minister Derek Klazen is altesaam 2 483 oud-vissers deur hierdie program in 13 maatskappye opgeneem.
Leave a Reply