Amupanda beweer ‘geheime ooreenkoms’ met EU
Dr Job Amupanda, leier van die Affirmative Repositioning-beweging, het weer ernstige aantygings op sy sosiale media bladsye gemaak. Hy beweer die regering gaan op 14 November ‘n geheime ooreenkoms met “die Europeers” aangaan wat vir 20 jaar bindend gaan wees. Volgens hom sal onder meer tradisionele medisyne gereguleer word en mense gaan verbied word om vir kos te jag. Die bevordering van “seksuele gesondheid” gaan volgens hom oor die vryheid om seksuele verhoudings te hê en hy sê die Europese beleggingsbank gaan toegelaat word om ongehinderd geld uit Namibië te neem. Kosmos 94.1 Nuus het Amupanda probeer kontak, maar soos dikwels het dit nie geslaag nie. Die Europese Unie se kantoor kon ook nie bereik word nie.
Leave a Reply