Amushelelo sê studente moet teen registrasiefooie betoog
Die NEFF-lid en omstrede aktivis, Michael Amushelelo, het ‘n beroep op studente by tersiêre instellings regoor die land gedoen om byeen te kom en ‘n protes teen registrasiefooie te reël. Hy was verlede jaar betrokke in ‘n soortgelyke veldtog. In sy mening is die fooie belaglik en ontneem dit talle jongmense die kans om opleiding te ontvang. Hy sê verder dat indien dit moet, behoort dit oor 12 maande betaalbaar te wees.
Leave a Reply