Amushelelo verdedig nuwe dagvaardiging
Namib Mills se dringende aansoek teen 29 respondente, wat Michael Amushelelo, die Namibiese vakbond vir kleinhandel werkers, die NEFF-party en talle ander, sowel as die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie insluit, is vanoggend nege-uur voor regter Hannelie Prinsloo. Die maatskappy se uiters aggressiewe stukke haal dreigemente en wat hy as laster beskryf in Amushelelo se Facebook-plasings aan. Agt respondente, wat Amushelelo insluit, maar die party en vakbond uitsluit, het verdediging aangeteken en hulle verteenwoordig hulself.
Leave a Reply