ANC probeer steeds om Putin te oorreed om nie Brics-beraad by te woon nie
Die buurland se adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering is steeds gewikkel in samesprekings om die Russiese President Vladimir Putin, te oorreed om nie volgende maand se Brics-beraad in Suid-Afrika by te woon nie. Die land, as ondertekenaar van die Rome-statuut van die Internasionale Strafhof, is verplig om Putin in hegtenis te neem as hy in die land sou aankom. Mashatile stel oplossings voor soos om die beraad na China te verskuif, dat Putin sy minister van Buitelandse Sake stuur, of dat die beraad virtueel plaasvind. Nie een hiervan het egter die steun van al die Brics-vennote nie.
Leave a Reply