ANC sal nie inmeng in Zuma-paroolsaak nie
Die ANC sê hy sal nie inmeng of voorspraak by die regering maak om oudpresident Jacob Zuma te begenadig nie nadat die Konstitusionele Hof beslis het sy vrylating op mediese parool was onregmatig. Die party se adjunk-sekretaris-generaal, Nomvula Mokonyane, sê die kommissaris van Korrektiewe Dienste, Makgothi Thobakgale, moet nog beslis of Zuma moet terugkeer tronk toe. Hoewel die ANC nie vir begenadiging gaan vra nie, het die EFF sy voorneme bekendgemaak om President Cyril Ramaphosa te vra om Zuma te begenadig, met inagneming van sy gesondheid en vorige bydraes.
Leave a Reply