ANC se NUK bespreek kwessie van zama-zamas
Onwettige mynbedrywighede in die buurland gaan op die sakelys wees wanneer die ANC se nasionale uitvoerende komitee die naweek vergader. Die party se grootkoppe kom byeen na dié week se gas-lekkasie in Boksburg waarin 17 mense dood is. Sekretaris-generaal Fikile Mbalula het op ‘n nuuskonferensie gesê die vergadering sal met verskeie belanghebbendes praat oor die kwessie van zama-zamas. Hy sê onwettige mynbou het die Suid-Afrikaanse ekonomie erg ontwrig.
Leave a Reply