ANC staan bankvas agter die mense van Palestina
President Cyril Ramaphosa sê die ANC staan in solidariteit met die mense van Palestina terwyl die bloedige oorlog met Israel voortduur. Ramaphosa het tydens ‘n nuuskonferensie by die party se nasionale uitvoerende komiteevergadering in Ekurhuleni gepraat. ANC-leiers het almal die Palestynse serp om hul skouers gedra terwyl hulle in swart geklee was. Die staat se vlag was ook te sien. Ramaphosa sê hulle is bekommerd dat die konflik na die breër streek kan versprei en dit kan verswelg:
Leave a Reply