ANC verbind tot skietstilstand in Gaza, blywende vrede
Die ANC sê hy bly daartoe verbind om voorspraak te maak vir standhoudende vrede tussen Israel en Palestina. Die regerende party het die media toegespreek na ‘n vergadering met die Verenigde Ulama Raad van Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse Vriende van Palestina. ANC-president, Cyril Ramaphosa, sê die burgerlike samelewing, en die ANC-geleide regering, het sterk standpunt ingeneem en vra ‘n skietstilstand in die konflik tussen Israel en Hamas.
Leave a Reply