ANC wil korruptes van verskiesingslys skrap
Die ANC se Integriteitskommissie het aanbeveel dat byna 100 lede van die party se verkiesingskandidaatslys uitgesluit word. City Press berig sommige van die hoëprofiel-lede word by korrupsie en grootskaalse staatskaping in die Zondo-kommissie-verslag betrek. Diegene wat genoem word is die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa; die voormalige president Jacob Zuma; die voormalige minister van Gesondheid, Zweli Mkize; die adjunk-minister van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie, David Mahlobo; die voormalige premier van Noordwes, Supra Mahumapelo; en die parlementslede, Mosebenzi Zwane, Bongani Bongo en Thabang Makwetla.
Leave a Reply