Andy Murray sê dis sy laaste Aussie Ope
Die voormalige wêreld nommer een, Andy Murray, sê hy het heel waarskynlik in sy laaste Australiese Ope gespeel. Die Skot is in Melbourne in skoon stelle uitgeskakel deur Tomas Martin Etcheverry van Argentinië, en het met 4-6, 2-6, 2-6 verloor. Die 36-jarige Murray het tussen 2012 en 2016 twee Grand Slam-toernooie gewen, maar ‘n reeks beserings het van toe af sy loopbaan gepootjie. Die 24-jarige Etcheverry sê Murray is een van sy helde, en dit was baie moeilik om teen ‘n legende soos hy te speel.
Leave a Reply